Verlede maand
Ma hande in hare oor druggie-kind
SEUN LASTIG: ’n Mammie van dié woonbuurt struggle.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. – “Nou kán ek nie meer nie. Ek kan maar doodgaan ...”

Dís die noodkreet van ’n ma wat Son om hulp genader het omdat haar seun aan drugs verslaaf is en haar lewe hel maak.

“Kyk, hier loop ek met my huis se sleutel. Ek kan nie waag om daar uit te gaan nie, dan besteel hy my. Hy werk nie. Wanneer ek gaan werk, dan dra hy my kos weg.

“Hy dra my furniture weg. Hy steel alles van my. En as ek hom nie geld wil gee nie, word ek aangerand.”

Die mammie se stryd gaan verder as net dit: “As ek by die polisie ’n saak teen hom wil gaan maak, dan vertel die jong poeliesmanne vir my ek het nie gesien dis die klong van my nie!

Interdik

“Dis hy! Ek wéét dis hy. Die mense in die pad is my getuies.”

Die mammie het ook nou getry om ’n interdik teen die seun te kry. “Maar dit was al Januariemaand en hier is ons al in Februarie. En steeds maak hy soos hy wil.”

Die mammie se vriendin sê: “Ek kry haar so jammer.

“As die polisie net die klong wil toesluit en wegstuur vir rehab. Ons sal haar ondersteun.”

Son het die ma se lot onder die plaaslike welsyn se aandag gebring en dié het onderneem om in te gryp.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, het gesê: “ ’n Saak van diefstal word ondersoek, maar geen arrestasie is nog gedoen nie.

“ ’n Tydelike beskermingsbevel is egter wel uitgereik en bestel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters