2 maande gelede
Ma en dogter los borgtogaansoeke
 ~ 

HEIDELBERG. – Die ma en dogter wat omstreeks ’n maand gelede na bewering die paartjie George “Jors” Michaels (62) en sy vriendin, Elizabeth “Elie” Rudolph (64), vermoor het, het Maandag weer hier in die hof verskyn.

Sabina Hartnick (54) en haar dogter, Annemarie Skietekat­ (31), het die twee slagoffers glo ’n hele spul steekwonde toegedien. Die moord is die nag van 15 of 16 Februarie in Michaels se huis in Diepkloof gepleeg.

Albei beskuldigdes het hulle aansoek om borgtog laat vaar en sal weer op Maandag 6 Mei in die hof verskyn.Hartnick, ’n jaloerse eks van Michaels, het ook Dinsdag 26 Februarie verskyn op ’n vorige klag van aanranding op Michaels­ met die doel om ernstig te beseer.

Vir dié aanklag is sy tot drie jaar tronkstraf gevonnis.

Die familie en bure van die slagoffers het die hofsaal weer propvol gesit.

Die ma én dogter is al voorheen op aanklagte van moord skuldig bevind en gevonnis.

Hartnick is destyds vir die moord op haar broer gevonnis en Skietekat vir die moord op haar kêrel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters