Verlede maand
Ma, 3 kids suffer ná raad krag blok
DONKERTE: Salomie Solomons vra net lig vir Krismis.  ~ Keith Meyer

TERWYL Eskom se load ­shedding die land die laaste paar dae teister, voer ’n jong mammie van drie kleuters ’n maande lange stryd teen donkerte in haar huis.

Salomie Solomons van Bergsig in Calitzdorp sê haar krag is al vir maande geblok omdat haar broer tans in die gevangenis is.

Solomons sê: “Die huis was eers op my ouers se naam. Toe sterf hulle en die rekening word op my broer se naam oorgesit.

“Hy moes toe ’n agterstallige rekening afbetaal. Maar toe hy toegesluit word, was daar nog sowat R4 000 agterstallig.

“Ek was bereid om die agterstallige geld af te betaal, maar toe blok die raad my krag.”

Solomons sê sy sukkel erg: “Ek moet buite vuur maak om water te kook vir my baba. Dan asem die baba die rook in en raak siek. Sy’t al amper by die vuur gebrand.

“As die raad net my afbetaling wil aanvaar. Al wat ek vra, is lig vir Krismis.”

Bure het aan Son bevestig Solomons voer ’n donker stryd.

Hulle help met warm water en laat haar by hulle kook vir die kinders.

Simpatie

Verskeie ander mense kla hulle krag is ook geblok.

Son het Reggie Timmie, munisipale kantoorhoof, gekontak.

Hy sê: “Ek het simpatie met sulke gevalle.

“Ek kan niks belowe nie, maar ek sal môre haar saak en ander onder die aandag van mnr. Roland Butler, CFO, bring.

“Sy kan daarna by my kantoor ’n draai maak.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters