2 maande gelede
Lyk op N1 gekry
Polisie
'N Jong man van Mosselbaai se lyk is op die N1 gekry.  ~ 

DIE POLISIE in die Vrystaat ondersoek ’n saak van moord nadat die liggaam van ’n Mosselbaaise man op die N1 tussen Gariepdam en Colesburg gevind is.

Brig. Motantsi Makhele, ’n polisiewoordvoerder, sê die 23-jarige Ainsley Hermanus werk by die Gariepdam. Hy is Saterdag laas gesien saam met twee mans wat hom by die huis kom soek het. 

Volgens Makhele is Hermanus saam met die mans weg en het nie weer teruggekeer huis toe nie. Hermanus is as vermis aangemeld en sy lyk is Dinsdag gevind.

Makhele sê daar was veelvuldige beserings en verdedigingswonde aan Hermanus se liggaam wat daarop dui dat hy terug baklei het teen sy aanvallers. Geen arrestasies is nog gemaak nie. - Algoa Fm

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters