9 maande gelede
Lesers help daklose met donasies
BETER: Danksy inwoners se hulp gaan Mywabe ’n dak oor haar kop hê.  ~ Mpumi Kiva

OUDTSHOORN. – Die in­woners van die township Bhongolethu het ingespring en komberse, planke en metaal-materiaal aan ’n vrou geskenk wat op straat bly.

Son het onlangs berig oor Nozibele Mywabe, wat nou in Eerste Laan op straat bly nadat sy haar werk weens Covid-19 verloor het.

Sy bly tans in ’n makeshift plastiekhokkie waar sy buite op ’n vuur kos maak.

Nadat hulle die berig gelees het, het bekommerde in­woners hul harte oopgemaak en talle donasies aan Mywabe gemaak.

’n Dankbare Mywabe (30) het gesê: “Die lewe is moeilik as jy werkloos is.

“Ek kon nie meer bekostig om my rent te betaal nie.

“Ek is baie dankbaar vir die hulp en kan ten minste nou ’n eenvertrek-hokkie vir my bou en ’n dak oor my kop hê.”

Sheila Donald, ’n Inwoner, sê Mywabe is ’n mens en verdien nie om so onder die ope nag te slaap nie.

“Dis nooit geskik om in ’n shack te bly nie, maar ten minste gaan sy ’n dak oor haar kop hê.

“Sy hoef dan ook nie meer haarself met komberse te bedek wanneer sy haarself was nie,” voeg Donald by.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters