Verlede maand
Leerder sê onnie is sekspes
jonk: Die hoof van die Dr. AW Habergaarn Primêre Skool sê die bewering van ’n verkragting op die skoolterrein word ondersoek. Foto’s ter illustrasie: son  ~ 

OUDTSHOORN. – Die saak teen ’n onderwyser (48) wat op twee klagte van seksuele aard teregstaan, het Vrydag in die landdroshof hier begin.

Die klaagster, wat in 2017 ’n 18-jarige leerder was, het getuig.

Eugene Hufke word aangekla daarvan dat hy van Julie tot September 2017 die leerder seksueel probeer skend het en haar op 11 September 2017 wel seksueel geskend het.

Vals

Hy pleit onskuldig op albei­ klagte.

Hufke se lawyer, adv. Stephen Lourens, het dit aan die klaagster gestel dat sy die aangeklaagde vals beskuldig.

Daarop het sy gesê sy vertel nooit leuens nie.

Landdros Theolin November het Hufke se borgtog verleng.

Die saak is tot 22 Mei uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters