2 maande gelede
Leerder in knyp oor aaptwak
groen goed: ’n Leerder is gevang met ’n klomp dagga. Foto ter illustrasie: NETWERK24  ~ 

GEORGE. – Inwoners van Thembalethu vra ingryping nadat ’n leerder by die skool gevang is waar hy dagga verkoop het.

Die 20-jarige gr. 12-leerder is by die Hoërskool Thembalethu gearresteer nadat ses bankies dagga en geld by hom gekry is.

Ouers het vertel hoe maklik die kinders met drugs by die skool inloop.

David Ngophe – wat naby die skool werk – sê kinders moet gereeld by die ingang deursoek word.

“Dis ’n ernstige probleem vir ons.

Druglords

“Hulle moet gereeld deursoek word. Die kinders verkoop drugs vir die merchants wat tussen ons bly.

“Dit moet nou aandag kry voordat dit heeltemal hand uitruk. Dis ’n skool en kinders moet aan hul toekoms werk.”

Ngophe sê hulle kan nie toelaat dat druglords hul kinders se lewe opmors nie.

“Die polisie en die gemeenskap moet saam werk teen dié euwel.”

’n Woordvoerder van die Thembalethu-polisie, kapt. Dumile Gwavu, sê die leerder is uit op waarskuwing. “Hy is aangekla vir die besit van dagga.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters