Verlede maand
Laat my seun sit
soek geregtigheid: Familie van Swartbooi en lede van die gemeenskap staan buite die landdroshof in Oudtshoorn.Foto: garnett wicomb  ~ 

IN DIE landdroshof in Oudtshoorn is bail ge­weier aan ’n man van Dysselsdorp wat van die moord op sy saamleefmaat aangekla word.

Volgens die ondersoek­beampte, sers. Alicia Willard, het die 36-jarige Norman Avontuur die 32-jarige René Swartbooi op Sondag 7 April so ernstig aangerand dat sy aan haar beserings beswyk het.

Hulle het dié middag saam met ander vriende gekuier.

Avontuur het na bewering kwaad geword omdat Swartbooi met een van die mans gestaan en gesels het.

Die twee het woorde gehad en Swartbooi het later geloop.

Avontuur het haar agtervolg en met sy terugkeer aan Nico Tieties en sy susters gesê om na Swartbooi te gaan kyk.

Volgens ’n verklaring van Tieties het hy Swartbooi langs die pad gesien lê. Hy het bloed by haar mond gesien uitkom.

Sy was glo baie swak. Tieties het die polisie gebel.

Avontuur het toe besluit om nie vir die polisie te wag nie en die oorledene huis toe gedra. Sy het in die nag gesterf.

Landdros Theo­lin November het Avontuur se aansoek om bail geweier omdat hy dink dit sal nie in die belang van geregtigheid wees as hy

René Swartbooi Foto verskaf

vrygelaat word nie.

Avontuur se werkgewer het te kenne gegee hy gaan nie weer in diens geneem word nie.

Sy moeder het ook in ’n verklaring gevra dat hy aangehou word omdat hy baie aggressief is wanneer hy dronk en bedwelm is.

Verder het die hof ’n memorandum van die gemeenskapslede van Dysselsdorp ontvang waarin gevra word dat die beskuldigde in aanhouding bly.

Twee vorige veroordelings vir aanranding dui volgens November ook daarop dat hy ’n neiging tot geweldsmisdade toon.

Die landdros het voorts die polisie se optrede op die dag van die misdaad as skokkend beskryf.

Hulle het die toneel verlaat sonder om te gaan kyk in watter toestand Swartbooi is.

Die saak is tot Maandag 13 Mei uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters