Verlede maand
Kultuurplek is pompstasie
SEKSPLEK: Lizo Dani sê waar die kaggel eens gestaan het, is nou vandale en inbrekers se gunsteling- pomp-spot.  ~ Foto Verskaf

OUDTSHOORN. – Wat veronderstel is om ’n plek vir die viering van kulturele erfenis te wees, is nou niks anders nie as ’n pompstasie vir belustiges.

Die Xhosa-village in die Bongolethu-woonbuurt is enkele meters weg van die plaaslike polisiestasie, maar dis kaal gestroop deur vandale en vryeriges wat daarheen gaan vir ’n quickie.

Die projek is in 2007 begin deur ’n groep werklose vroue wat tradisionele Xhosa-drag daar ontwerp en gemaak het.

In 2013 het die fasiliteit egter weens diefstal en vandalisme ’n finansiële hou onder die ken gekry.

Deure, vensters, dekoritems en toiletpotte is gestroop. Selfs ’n ron­dawel het in die slag gebly. Waterpype is ook beskadig.

Die verwoeste kaggel binne-in die sentrum is nou die plek waar horny inwoners lêplek maak.

’n Gemeenskapswerker, Lizo Dani, sê baie sal gedoen moet word om die plek te laat herleef.

“Weens vandalisme en ’n gebrek aan sekuriteit is alles gesteel.

Herstel

“Daar is niks meer oor binne-in die gebou nie. Die kaggel is dan nou ’n seksbed vir mense,” kla hy.

Dani sê die gemeenskap sal byeen moet kom om die gebou te herstel.

Betty Jantjies, koördineerder van die Xhosa-village, sê die projek kan weens voortslepende vandalisme nie funksioneer nie.

“Ons het in die verlede plaaslike en buitelandse toeriste daar ontvang en mense was mal daaroor.

“Besoekers is getrakteer op Afrika-disse en -stories.

“Dit gaan nie maklik wees om die gebou tot sy volle glorie te herstel nie,” sê Jantjies.

Wyksraadslid Sthembile Stone was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters