3 maande gelede
Knysna cope met nuwe mayor
ricky van aswegen
Die nuwe Knysna Mayor, Elrick van Aswegen, en vroulief, Beryl.  ~ Facebook

NA maande het Knysna weer ‘n eerste burger.

Elrick van Aswegen is Donderdag tydens ‘n spesiale raadsvergadering as burgemeester.

Die voormalige onderwyser het voorheen gedien as onderburgemeester, maar is deur ‘n mosie van wantroue in Junie verlede jaar uitgestem.

Knysna beskik oor 21 raadslede met twee vakante wyke. Die DA en ANC het tans elk 8 setels, met die ACDP, Cope en Knysna United Congress wie elkeen een verteenwoordiger het.

Van Aswegen, ‘n Cope-raadslid, is deur die ANC en KUC vir die pos genomineer terwyl die DA Michelle Wasserman genomineer het.

‘n Mosie deur die DA om die Titi Gombo van die ANC as Speaker uit te stem en met Georlene Wolmarans te vervang het ook misluk.

Volgens die munisipaliteit sal die nuwe mayor binnekort sy burgemeesterskomitee aankondig.  Hulle noem ook Aubrey Tsengwa bly aan in sy posisie as onderburgemeester.

Die dorp was geruime tyd al sonder ‘n mayor nadat die DA die lidmaatskap van Mark Willemse verlede jaar opgeskort het. Willemse het die saak na die hof geneem, maar die Wes-Kaapse hooggeregshof het in maart vanjaar sy aansoek van die hand gewys.

Intussen is die voormalige munispale bestuurder van Saldanha-munisipaliteit, dr. Louis Scheepers, as waarnemende munisipale bestuurder van Knysna aangestel.Scheepers se eerste dag is Maandag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters