20 dae gelede
Klappers: Ma wys vinger na winkeliers
NEE: Ál meer mense voel dat klappers nie meer toegelaat moet word nie.  ~ Foto ter illustrasie: Peter Abrahams

GEORGE. – ’n Familie hier is bitter ontsteld oor hul vierjarige kind sy linkerhand erg beseer het toe hy met klappers gespeel het.

Hy en maatjies het Saterdag buite die gesin se huis in Lawaaikamp met die klappers gespeel.

Drie van klein Gift January se vingers aan sy linkerhand is erg verbrand.

Gift word nou in die hospitaal behandel.

Die kind se ma, Nonie (54), sê: “Ek was in die huis besig om te werk.

“Toe huil hy hard en kom ingehardloop met sy linkerhand wat hy in die lug hou.

Winkeleienaars

“Ek is baie ontsteld hieroor.

“Maar ek gee ook die skuld aan winkeleienaars wat die goeters aan die kinders verkoop.

“Drie van die kind se vingers is baie lelik verbrand.

“Dis dieselfde maats met wie hy altyd speel wat by was toe die ongeluk gebeur het.”

Sy voeg by: “Ek weet nie waar die kinders aan die crackers gekom het nie.

“Hy is nou baie nervous en huil baie van die pyn.

“Nou sê ek ook dat klapper deur die regering verbied moet word.”

Inwoners van Lawaaikamp sê dit is die tweede geval in die gebied waar ’n kind met klappers seergekry het.

Maan

Charmaine Geduld, ’n gemeenskapswerker, vertel dat ’n vyfjarige kind ook onlangs sy hande met klappers verbrand het.

“Die klappers kan ook huise hier aan die brand steek omdat die huise so naby mekaar staan.”

Die personeellede van die George Dierebeskermingsvereniging maan ouers om ’n oog te hou oor hul kinders en om spesifiek ook te kyk na troeteldiere omdat vuurwerke ook vir die diere baie traumaties is.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters