2 maande gelede
Kinders betaal gelag as ma nie bottel los
dink voor jy drink: Dr. Nomafrench Mbombo deel pamflette uit.Foto: mpumi kiva  ~ 

GEORGE. – Godsdiensgroepe wil hê die Wes-Kaapse regering moet Suid-Kaapse gemeenskappe en organisasies help met die stryd teen fetale alkoholsindroom (FAS).

In George en die omliggende areas kom baie gevalle van FAS voor. ’n Kind kan dit kry as die ma drink terwyl sy verwag. Volgens kidshealth.org. kan lyers onder meer sleg hoor of sien, probleme soos swak balans hê en stadiger as hul maatjies leer.

Al die probleme kan gekeer word as die ma net nie drink nie.

Dr. Nomafrench Mbo­mbo, Wes-Kaapse minister van gesondheid, het die gebied vandeesweek besoek. Sy het gesê FAS is in die meeste gebiede ’n ernstige probleem.

Uitgedeel

Daaglikse veldtogte is volgens haar nodig om mense daaroor in te lig.

Mbombo het by die Conville-kliniek met ’n groepie mense gepraat voordat sy twee gesinne besoek en in Rosemore pamflette uitgedeel het. Mense het ook vertel hoe alkohol jong mense in hul huis raak.

Die minister het gesê drinkery tydens swangerskap vernietig ’n kind se mind. “Alkohol maak dat kinders stadig ontwikkel.”

Eerw. Patrick Sambo van die Oudtshoorn Religious Fraternity voel dit is kommerwekkend dat babas met mental defekte gebore word.

“Opvoeding is belangrik. Mense moet van dié sindroom geleer word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters