5 maande gelede
Killer-neef hoor vandag sy lot
Fransionette Jantjies (23)  ~ Foto Verskaf

SERGIO Jonkers van Buffeljagsrivier word vandag gevonnis vir die moord op sy niggie.

Fransionette Jantjies (23), die mamma van ’n dogtertjie, is in November 2018 vermoor.

Sy was drie dae vermis voordat haar ontbinde lyk langs die rivier naby haar ouerhuis gevind is.

Jonkers het haar lyk gaan uitwys nadat hy ’n bekentenis by die polisie afgelê het.

Weke ná die voorval is hy in die Swellendam Landdroshof op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Sy medebeskuldigde, Aldred Hendricks, is op borgtog van R500 vrygelaat.

Hendricks het destyds met die hele sak patats by Jantjies se ma uitgekom.

Jonkers en Hendricks het gister vlugtig in die streekhof in Swellendam verskyn.

Jonkers is in Desember verlede jaar reeds skuldig bevind aan moord. Hy is egter steeds op borgtog.

Die saak is uitgestel tot sy vonnisdatum.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters