7 maande gelede
Kiesers is koorsig in Kanna
Totempaal: Kannalanders moet maar die chief Indian reg kies.Foto: Keith Meyer  ~ 

DIE verkiesingskoors tref Kanna reeds teen hoër as liggaamstemperatuur.

En tans is dit die DA, ANC, Icosa en ACDP wat inwoners in hulle sit­kamers met die ver­kiesingsvirus aansteek.

Plakkate besmet ook reeds lamppale, maar so onder die election posters is daar darem nog plek vir die Spaar Water-posters in die dorre Kannaland.

“Jou land is in u hand,” lui Icosa se slogan en Jeffrey Donson het sy handlangers gehelp om die posters op die pale aan te bring.

Alan Winde is mos die DA se premierskandidaat en Kaki Willemse sorg dat die posters met Winde se gesig en “Winde van ver­andering” daar op die pale pryk.

Nuweling

Donson sê vername manne soos Freddie Engelbrecht, die kampvegter vir bruin bewaarders, is in hulle­ geledere Zinzan Dorfling, ’n voormalige VF Plus-burgemeesterskandidaat, is ook na Icosa gelok.

Die nuweling wat die verkiesingskoors hier opjaag, is die ACDP.

Dié sê sy verkiesing­strategie is op Bybelse beginsels gegrond.

Die ANC is stadig uit die blokke, maar die veteraan-politikus Jerome Biljohn belowe die verkiesingskoors gaan ’n epidemie word sodra die ANC begin canvas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters