2 maande gelede
Kid verkrag: vriend is vas
bekyk: Die cops op die toneel waar sy gevind is.  ~ 

HERMANUS. – ’n Pienk slaapbroekie tussen vullis en gebreekte betonpype is ál teken van die vieslikhede wat hier met ’n weerlose meisietjie (3) gepleeg is.

Dit was die stille getuienis van die verkragting wat hier plaasgevind het.

Die kleuter is Saterdag bebloed by die dumping site naby Mountain­rylaan gevind.

Sy en haar broer (7) is Saterdagoggend saam met hul ma se ou skoolvriend winkels­ toe.

Die kind se ma vertel dat die skoolvriend Vrydagaand by haar ma se ouerhuis opgedaag het.

“Ek het hom vroeër die aand gesien en hom gevra wanneer hy uit die tronk gekom het.”

Die skoolvriend was na bewering in die tronk vir inbraak.

Die ma vertel: “Ek het die aand die deur vir hom oopgemaak, want hy is gesteek.

“Toe versorg ek nog die steekwond.”

Die man het toe daar oornag.

Die kind se ouma sê die oggend kon die skoolvriend nie uitgepraat raak oor haar dogter nie.

“Hy het vir my gesê hy is al van skooldae al lief vir haar. Later die oggend het hy gesê hy gaan vir my R100 trek by die ATM in die dorp, maar my dogter moet saamgaan.

“My dogter wou nie. Sy het vir my gesê hy kom dan net die ander dag uit die tronk uit en sy was ook bang vir wat haar boyfriend gaan dink.”

Die ouma sê sy het toe gesê haar kleinseun (7) moet saam met hom loop om die geld terug te bring.

Die driejarige meisie het agter haar broer aan gehuil en is toe ook saam. Die drie is omstreeks 09:00 van die huis af.

“Ná ’n halfuur het ek gekyk waar die kinders is, want die dorp is ook nie so ver nie.

“Toe het ek die seuntjie gesien in die straat speel.

“Die skoolvriend het toe ook nie die geld gestuur nie.

“Dit was uit my mind dat die meisietjie ook mos saam met hom was.”

Die ouma sê teen 11:00 het sy besef dat haar kleindogter ook saam weg is dorp toe.

“Toe begin ons soek. Ek het toe die polisie gebel.”

Huilend

Die meisie se pa het by Son se besoek snot en trane gehuil en Son se span na die toneel geneem.

Huilend sê die pa: “Hulle wou nie Saterdag hê ek moet tot hier kom nie.

“Ek het so 13:00 by die huis gekom, toe is sy nog weg.”

Hy sê hy het gesoek by Spar Tops en die Total garage­ – oral waar mense gesê het hulle het die meisiekind saam met ’n man sien loop.

Die dumping site waar gebreekte betonpype gestort word, is oorkant Spar en die garage.

’n Man wat omstreeks 15:30 gestap het om petrol te koop by Total, het die kind se gehuil gehoor en die mense by Total ingelig.

Hulle het saam die kind gevind en die polisie gebel.

Die kind was bebloed en van haar onderlyf af kaal.

dis hare: Dié pienk broekie van die driejarige meisie is op die toneel gevind.
diepe hartseer: Die meisiekind se pa op die toneel.Foto’s: JONATHAN LESTRADE
bekyk: Die cops op die toneel waar sy gevind is.

Sy het ook die skoolvriend se top aangehad toe sy gevind is.

Gister het die pienk broek nog daar gelê.

Die kind se pa het gehuil en dit opgevou, maar dit daar gelos.

Lt.kol. Andrè Traut, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê ’n man in sy 20’s is in hegtenis geneem.

Die kind is in die Hermanus-hospitaal.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters