2 maande gelede
Kerk kort revival ná diewe visit
gesteel: Die koper is in ’n kerk gekry. Foto: mpumi kiva  ~ 

GEORGE. – Mense moet nou kerk hou in die donker.

Die gemeente van die Gospel Revival Mission Church (GRMC) was heel verbaas toe hulle Sondag klein bondels koperdraad in hulle kerk kry.

Die vyf bondels koperdraad is by kerke en kleuterskole in die area van Blanco en Borcherds gesteel.

In die GRMC-kerk is elektriese kabels ook van die mure en uit die plafon geruk.

Gladman Daniels van die GRMC sê: “Die koper is uit die elektriese kabels uitgehaal. Daar is nou geen ligte in die kerk nie.”

Volgens hom het die kerk nie nou water nie omdat koper­krane ook gesteel is.

George se polisie sê ’n klag van diefstal is gelê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters