Verlede maand
Kaptein in hof na sy kar in roof was
'n Kaptein het in die hof verskyn nadat sy kar in 'n roof was  ~ Foto ter illustrasie

’N VIERDE verdagte wat Vrydag toegekap is in verband met die transitoroof laas Maandag by ’n ga­rage in Bridgton, Oudtshoorn, het Maandag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die 36-jarige weermagkaptein Sakhele Nkabi staan saam met Simphiwe Matwa, Lwandiso Lento en Masixole Dolomba, almal van Thembalethu in George, tereg op klagte van roof met verswarende omstandighede.

Die hofsaak spruit uit die voorval op Maandag 19 Julie waarin ’n Fidelity-wag omstreeks 11:00 oorval en beroof is van sy vuurwapen en ’n groot bedrag kontant.

Voorgekeer

Nkabi se Toyota Tazz is volgens die Valke as get­away-kar gebruik.

Die ander mans het buite Oudtshoorn met hul buit in ’n Nissan Sentra geklim, maar dié is by ’n padblokkade in die Outeniqua-pas voorgekeer en deursoek.

’n Weermaguniform en medaljes met Nkabi se naam daarop is in die Sentra gevind. Dit het die polisie op sy spoor geplaas.

Landdros Marvin de Vos het die saak teen Nkabi uitgestel tot 3 Augustus, wanneer die kaptein saam met sy drie medebeskuldigdes om borgtog sal aansoek doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters