10 dae gelede
Jong man sê hy was bang oom ‘rape’ hom
Justin Baartman sê hy't Klaas Campher uit selfverdediging vermoor.  ~ Foto Verskaf

HY WAS bang die oom verkrag hom.

Só het ’n jong man van Dysselsdorp wat van moord op ’n bejaarde man aangekla word, verlede week in die Oudtshoorn-streekhof getuig.

Die saak teen Justin Baartman (22) is ná die slotbetoë van die staat en verdediging vir uitspraak tot 23 Maart uitgestel.

Baartman erken hy’t Klaas Campher (63) die oggend van 23 Januarie 2020 in die veld naby Bokkraal verskeie kere met ’n klip gekap. Hy voer aan dit was om homself te verdedig.

Volgens hom het hy die oggend gaan hout soek toe hy die slagoffer raakloop waar hy onder ’n boom gesit het.

Aftrek

Campher het vir Baartman ’n sigaret gevra waarna hy hom glo ’n dop aangebied het.

Nadat Baartman klaar gedrink het, wou Campher glo betaling hê.

Toe Baartman vra “hoe?” omdat hy nie geld by hom gehad het nie, het Campher glo gesê met seks, en hy het sy broek probeer aftrek.

Toe Baartman weier, het die oom hom met ’n klip aangeval, waarna hy ook ’n groot klip opgetel en Campher daarmee gekap het, het hy vroeër getuig.

Kapt. Marius Fourie van die De Rust-polisie het getuig Baartman het die volgende dag ’n bekentenis afgelê waarin hy sê hy het die slagoffer drie keer in die gesig en drie keer op sy kop gekap.

Baartman was baie dronk van die alkohol omdat hy nie daaraan gewoond is nie en het glo uitgepass.

Die polisie het hom daar aangetref waar hy en Campher op die grond gelê het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters