7 maande gelede
Inwoners suur oor duur krag
GEGRIEF: Sydney Cooper sê die inwoners is moeg daarvan dat die winkel­eienaars hulle so melk.  ~ Keith Meyer

CALITZDORP. – ’n Krag-herrie is besig om in­woners se moermeter die hoogte te laat inskiet.

Volgens die inwoners raak dit nou te erg omdat van die blikwinkels in die woonbuurte mense overcharge wanneer hulle koopkrag aankoop.

Sydney Cooper, ’n klant, verduidelik: “As jy byvoorbeeld R10 se krag met ’n R10-noot koop, moet jy R11 betaal “anders kry jy glad nie krag nie.

“So kos R100 se krag dan R110, of hulle gee jou net R90 se krag.

“Die ekstra R1 0f R10 vat hulle sommer net so.”

Jan Apollis kla: “Krag is so damn duur. Dis robbery dié. Ons mense word net verder verarm.

“Ek moet maar Sondae die kos buite op ’n oop vuur gaar maak.

Verbied

“Daar was Sondag amper ’n bakleiery. Dan wil die winkeleienaars nie verstaan as die mense hulle wil slaan nie, want by die dorp se winkels betaal jy nie daai ekstra R1 0p ’n R10 nie. En dis niks met vreemdelinge-haat te doen nie.

“Ons moet die saak met die munisipaliteit opneem, want dis sy krag wat ons aankoop.

“Ons gaan die munisipaliteit versoek om die skuldiges te verbied om verder enige krag aan ons inwoners te verkoop. Genoeg is genoeg.”

’n Spaza-winkeleienaar het gesweer hy vra nie ekstra geld nie en weet ook nie dat enige een al by sy winkel ekstra moes betaal nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters