12 dae gelede
Inwoners in opstand oor projek
MOOIPRAAT: Wyksraadslid Gerald Boezak (met sy rug na die kamera) praat met van die ontevredenes oor die pad vorentoe.  ~ Clive Pretorius

HEIDELBERG. – ’n Horde inwoners van Diepkloof het in dié week in opstand gekom oor ’n projek om plaveisel te lê.

Hulle wou die projek summier gestop het toe die kontrakteur met sy eie werkers opdaag om die werk te hervat.

Die werk behels plaveisel wat in Goliath Davidsstraat gelê word.

Inwoners mor oor die kontrakteur is van Slang­rivier af kom en dat plaas­like inwoners nie vir die jobs in ag geneem word nie.

’n Inwoner, Dean Prins, sê hulle het in beginsel nie ’n probleem met die kontrakteur nie, maar dat hy kon ten minste die helfte van die plaaslike werkloses in diens geneem het.

Vereistes

Rdl. Gerald Boezak was met die protesaksie op die perseel en het die ontevredenes toegespreek.

Hy was ook met die hoofkontrakteur se bestuur op die perseel in gesprek.

Vandaar is die gesprekvoering verskuif.

Volgens Sydney Williams, ’n plaaslike kontrakteur, was die werk aan hom toegeken, maar omdat die hoofkontrakteur se vereistes so hoog is, kon hy nie die werk voortsit nie.

Ná samesprekings tussen Boezak, Prins en die kontrakteur, is daar besluit om die projek eers weer te staak totdat die betrokke partye oor al die vereistes kan saamstem.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters