Verlede maand
Hy het my kind doodgeslaan!
OU LETSELS: Rosetta Pietersen, ma van Moyhdian Pangarker se kind.  ~ Keith Meyer

LADISMITH. – Die dood van Tazne van Wyk (8), presies waarvoor die verdagte, Moyhdian Pangarker aangekeer is, het ’n eks van hom nou weer slapelose nagte gegee.

Dié eks, Rosetta Pietersen van dié Karoodorp, is die ma van Pangarker se seun wat ook na hom genoem is.

Pangarker het ook verskeie van sy misdade hier in dié dorp gepleeg.

Pietersen sê: “Die hele ding met Tazne het my wonde weer rou gemaak.

“Ek het weer daardie nagmerries van destyds gekry toe ek en Moyhdian begin uitgaan het.

“Ek het Moyhdian by die tavern ontmoet in 1997.

“Ons het ’n verhouding gehad en ons seun, Moyh­dine is gebore in 1998.

“Hy wou die kind se van Pangarker gee, maar ek wou nie.

“Aanvanklik het dit goed gegaan tot hy sy ware kleure begin wys het.

“Ek is aangerand en hy het ook ons seuntjie begin slaan. Bitter seer gemaak ...

“Toe ons Kaap toe is, was klein Moyhdine maar net 2 jaar en 6 maande oud.

“Ons het by sy suster gaan bly.

“Hy het uiteindelik my kind só gemartel dat hy dood is op 15 Junie 2001.

“Die kind was in die hospitaal en Moyhdine het vir my kom sê die kind is dood.

“Ek moes hom gaan uitken in die Tygerberg Hospitaal.

“Ek kon hom uitken aan sy boots, jean en mustard hempie.

“”Vir die daad het hy 10 jaar tronkstraf gekry.”

Pangarker, wat ongeveer twee jaar op die dorp gewoon het, is deur van die inwoners aanvaar omdat hulle geglo het hy’s “gerehabiliteer”.

Volgens verskeie Facebook-inskrywings van Ladismithers was hy “altyd behulpsaam, vriendelik en die besorgde pa en oupa van sy kinders wat hier skoolgegaan het”.

Hy het selfs ’n job by die plaaslike munisipaliteit op die vulliswa gekry en later as sekuriteitswag by ’n klub.

Pietersen sê sy voel dit saam met die ma van Tazne. Sy’s ook deur daardie hel.

“My kind se lykie moes ek uit die Kaap bring en in Julie 2001 moes ek hom hier kom begrawe het,” sê sy.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters