Verlede maand
Hy groet ná 50 j.
LANG PAD: Thys Goliath was 50 jaar lank ’n blokman van formaat.  ~ Garnett Wicomb

OUDTSHOORN. – Die bekende blokman van ’n slaghuis in Uniestraat, Thys Goliath (65), het dié maand ná 50 jaar die tuig neergelê.

Goliath sê hy het as 15-jarige by die destydse Rademeyer- slaghuis in Voortrekkerweg begin werk. Hy moes uit die skool om sy ouers te help met die huishouding. Ná ’n paar jaar het hy ’n werk gekry by ’n slaghuis in Hoogstraat.

Hy het daarna vir baie jare en onder verskeie eienaars by ’n slaghuis in Voortrekkerweg gewerk.

Toerusting

Die laaste sewe jaar het hy as blokman by sy laaste werkplek gewerk.

Volgens Goliath het hy oor die jare alles geleer wat in ’n slaghuis gedoen word soos die ontbening van vleis, die opsaag van karkasse en die maak van wors, gemaalde vleis en ander kouevleise.

Goliath sê die feit dat hy afgetree het, beteken nie hy gaan nou heeltemal stilsit nie.

“Ek beskik oor die nodige toerusting vir die opsaag van enige slaggoed vir mense wat dit nie self kan doen nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters