Verlede maand
Huisarres ná ou girl (13) seks
'n Jong man van Rosebank is onder huisarres geplaas ná seks met 'n 13-jarige.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

’N JONG man van Rosebank is Vrydag in die Oudtshoorn-streekhof aan statutêre verkragting skuldig bevind nadat hy konsensuele seks met ’n 13-jarige meisie gehad het.

Henry Smith (20) is vir 24 maande onder huisarres geplaas kragtens ’n pleit-en-vonnisooreenkoms wat hy met die staat aangegaan het.

Daarin het hy skuld beken en gesê hy is jammer oor wat hy gedoen het.

Hy het die meisie die aand by ’n partytjie ontmoet. Sy is saam met hom na sy huis, waar sy oornag het. Haar moeder het die volgende dag die klag van verkragting gaan lê.

Weerhou

Die staatsaanklaer, Nadia le Roux-Arnolds, het die hof meegedeel dat die meisie, haar ma en die ondersoekbeampte tevrede is met die vonnis.

Streeklanddros Daniel Boks het Smith tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat met voorwaardes in geheel vir vyf jaar opgeskort is. Hy is ’n jaar korrektiewe toesig opgelê. Dit behels huisarres 24 uur per dag.

Hy moet hom ook weerhou van drank en dwelms en mag nie uit die distrik gaan nie. Sy naam is opgeskryf in die register vir seksoortreders.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters