Verlede maand
Hospitale in Tuinroete onder druk
corona
Die Tuinroete het 'n 29%-styging in gevalle gehad.  ~ Foto ter illustrasie

HOSPITALE in die Tuinroete is onder geweldige druk weens die styging in Covid-19-gevalle. 

Nadia Ferreira, woordvoerder van die distriksgesondheidsdepartement, sê aan AlgoaFM die distrik het die afgelope week 'n  29%-styging in gevalle gehad. Dit het nou met 922 die hoogste aantal aktiewe gevalle per 100 000 inwoners.

Die Tuinroete het tans meer as 5 700 aktiewe gevalle. George en Mosselbaai het die meeste gevalle.

Ferreira sê die nuwe gevalle kom wydverspreid in baie huishoudelike groeperings voor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters