Verlede maand
Hof wag oor DKD inmate nie bring
VERSKYNING: Verdagtes is op verskeie aanklagte gearresteer en sal weer hof toe moet keer.  ~ FOTO TER ILLUSTRASIE

DIE verhoor van vier verdagtes van Oudtshoorn wat teregstaan op klagte van roof met verswarende omstandighede, huisbraak en twee klagte van voertuigbeskadiging, is Maandag uitgestel.

Dít nadat een van die beskuldigdes wat in aanhouding is, nie deur korrektiewe dienste na die Oudtshoorn-streekhof gebring is nie.

Bradley Overberg (21), Jerome Witbooi (20), Ronaldo Wakies (20) en Andrew Tiemie (27) word daarvan aangekla dat hulle op 6 Januarie 2017 ’n Somaliese huiswinkeleienaar, Tariku Himbelo, van R4 500 kontant en ’n selfoon beroof en sy voertuig met klippe beskadig het.

Gepleit

Hulle het ook na bewering by die winkel van ’n ander Somaliër, Marco Aya, ingebreek en ook sy voertuig met klippe beskadig.

Overberg het skuldig gepleit op een van die aanklagte van voertuigbeskadiging en hy is reeds op dié aanklag skuldig bevind.

Hy pleit egter saam met sy medebeskuldigdes onskuldig op ál die ander klagte.

Die saak dien voor streeklanddros Retha Pretorius en is vir verhoor tot 4 Augustus uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters