15 dae gelede
Hof: Vrou vat defence te ver
 ~ 

’N VROU is in die Oudtshoorn-streekhof vyf jaar tronkstraf opgelê nadat sy haar lewensmaat met ’n mes in die nek gesteek het. Hy is later dood.

Daphne Dondas is vroeër skuldig bevind aan strafbare manslag.

Dondas (35) het erken sy het die 34-jarige Arnold Titus op 10 Junie verlede jaar in hulle woning in Black Joint, Bongolethu, met ’n mes gesteek.

Dít kom nadat hy haar herhaaldelik met ’n sambok geslaan en gedreig het om haar met ’n swaard te steek.

Oorskry

Sy het getuig sy het Titus net een keer gesteek, maar kon nie verduidelik hoe hy ‘n tweede wond aan sy wang opgedoen het nie.

Streeklanddros Ntsoki Moni het in haar uitspraak gesê Dondas het die grense van selfverdediging oorskry.

Volgens die landdros het sy genoeg tyd gehad om te vlug toe Titus sy sambok in die kamer gaan haal het. Volgens haar eie getuienis het sy ook gesien die slot aan die ketting waarmee die deur toegemaak is, was nie toegedruk nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters