13 dae gelede
Hof vonnis broer wat inbreek
'n Ou van Bridgton is gevonnis vir inbraak by sy broer se huis.  ~ Foto: verskaf / ter illustrasie

OUDTSHOORN. – ’n Man van Bridgton wat by sy broer se huis ingebreek en vir geld gesoek het, is in die streekhof skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en vyf jaar gevangenisstraf op­gelê.

Denzil Boesak (29) het erken dat hy op 18 Desember verlede jaar ingeklim het by die kamervenster van sy broer, Maxwell Boesak, terwyl dié geslaap het.

Gevlug

Hy het erken dat hy op soek was na geld en terwyl hy daarmee besig was, het iemand in die huis wakker geword en hom herken.

Hy het deur die kamervenster gevlug.

Streeklanddros Daniel Boks het met vonnisoplegging in ag geneem dat Boesak skuld erken het en nie die hof se tyd gemors het nie.

Boesak het ook berou getoon.

Hy kan ná die uitdiening van ’n sesde van sy vonnis (10 maande) om parool aansoek doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters