20 dae gelede
Hof sluit oor hy wet verbreek
BUITE: Alle werksaamhede is by die landdroshof gestaak weens veiligheids - en gesondheidskwessie.  ~ Garnett Wicomb

INSPEKTEURS van die Wes-Kaapse departement van indiensneming en arbeid het die Oudtshoorn-landdroshof Woensdag gesluit.

Dit was omdat die gebou nie aan talle vereistes van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid voldoen het nie.

Alle sake wat vir gister op die hofrol was, is buite onder die motorafdakke uitgestel. Dieselfde gebeur vandag.

David Esau, die departement se hoofinspekteur, sê hulle het bevind die hofgebou is onveilig omdat verskeie Covid-19-regulasies nie nagekom word nie.

Oortredings

Geen personeellede of besoekers word toegelaat nie en die verbod bly geldig totdat dit deur die departement van arbeid gelig word.

Volgens Esau is van die oortredings dat die hof nie behoorlike Covid-19-risikobepaling in plek het nie.

Hy’t ook nie die regulasies nagekom ten opsigte van die gebruik van biometriese stelsels, siftingsprosesse en sosiale afstandhouding nie.

Esau sê dié gebreke stel mense se lewe in gevaar.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters