3 maande gelede
Hof bevind ‘Varkie’ is 'n liegbek
skaal draai: ’n Landdros moet môre hof loop op klagte van afpersing en korrupsie.Foto ter illustrasie: NETWERK24  ~ 

’N MAN van Ladismith met die bynaam “Varkie”, wat aan verkragting en seksuele aanranding skuldig bevind is, is in die Ladismith-streekhof tot effektief 15 jaar in die tjoekie gevonnis.

Zavienne Appels is daaraan skuldig bevind dat hy die aand van 1 Desember 2017 ’n 25-jarige vrou wat hom ken, van ’n taverne af agtervolg en later in ’n klofie van agter gegryp en verkrag het.

’n Rukkie later het hy haar weer teen die grond gegooi en glo probeer verkrag.

Appels het ontken hy was daardie aand in die klofie. Volgens hom verwar die klaagster hom met iemand anders.

Donker

Hy het ook nie die betrokke aand die klaagster of Heidi Wagenaar, die vrou na wie sy geroep het, gesien nie.

Die klaagster het getuig dit was nie so donker dat sy nie Appels se gesig kon sien nie en almal ken hom as “Varkie”.

Hy was dié aand ook in die taverne waar sy gedrink en gedans het.

Sy was egter nie so dronk dat sy nie geweet het wat om haar aangaan nie.

Streeklanddros Daniel Boks het Appels se weergawe en algehele ontkenning verwerp omdat die klaagster sowel as Wagenaar hom uitgeken het.

“Die klaagster het ’n kronologiese uiteensetting van die gebeure gegee en ’n goeie indruk op die hof gemaak,” het die landdros gesê.

Vals

“Boonop het Wagenaar gesien hoe hy die klaagster sleep en sy het hom positief geïdentifiseer. Twee persone kan nie so ’n fout begaan nie.”

Die landdros het bevind die staat het die verkragtingsaak bo redelike twyfel bewys, maar nie die poging tot verkragting nie.

Elaine Plaatjies, die staatsaanklaer, het vir ’n lang gevangenisstraf gevra omdat Appels aan ’n ernstige misdryf skuldig bevind is.

Die hof het Appels se getuienis as vals en leuenagtig verwerp.

Hy is tot 15 jaar vir verkragting en 4 jaar vir seksuele aanranding gevonnis, wat gelyklopend uitgedien sal word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters