2 maande gelede
Hierdie kwekers is definitief nie pampoene nie
wenners: Jacob du Plessis (middel) met sy wen-pampoen. Links staan Elizna Lotz, wat tweede was, en regs haar man, Piet Lotz, derde. Foto verskaf  ~ 

IN HEIDELBERG se wêreld vat hulle nie nonsens van pam­poene nie. Hulle kweek reusepampoene daar.

Op die jaarlikse Reusepampoen-fees in Heidelberg het Jacob du Plessis van Vyeboom in Villiersdorp met die eerste prys weggestap. Sy pampoen was 601,8 kg op die skaal.

Dis na aan die Suid-Afrikaanse rekord van 613 kg, wat deur Peet Joubert gehou word. Du Plessis sê die naaste wat hy aan wen was, was in 2017 toe hy vierde geëindig het.

“Ek het geweet my pampoen sou goed vaar vir die topdrie-plekke, maar ek was steeds verbaas toe ek eerste eindig.”

Die egpaar Elizna en Piet Lotz van Riversdal was onderskeidelik in die tweede en derde plek.

Elizna se pampoen het 510,6 kg geweeg en Piet s’n 460,8 kg.

Heidelberg se pampoenkompetisie word die afgelope ag jaar deur Shoprite en Checkers geborg.

Du Plessis het R17 500 gewen. Die wenner van die tweede plek kry R8 000 en dié in derde plek R4 000.

Die pampoenfees verloop oor twee dae. Verskeie aktiwi­teite word aangebied.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters