Verlede maand
Hele dorp op hol toe army land
GROOT SKRIK: Baie mense het eers gedog die weermag is daar om hulle vas te vat oor hul onwettighede.  ~ Keith Meyer

CALITZDORP. – ’n Oryx-weermaghelikopter met soldate wat uit die lug uit spring, het boosdoeners en smokkelaars laat hol vir hul lewe.

Min het hulle geweet die army se mediese afdeling was net besig met ’n Covid-19-bewusmakingsveldtog.

’n Bron vertel: “Toe daai helikopter sak en die soldate uitklim, toe hol die manne wat nog kom drank-stock koop het. En die WhatsApps het behoorlik gevlieg soos die manne mekaar gewaarsku het om tog maar hul onwettighede te sharf.”

Die weermag, in samewerking met die plaaslike polisie, het Saterdagoggend die inwoners behoorlik verras met hul Covid-19-bewus­makingsveldtog.

Misverstand

Christolino Pêrel sê: “Dit was nogal ’n mooi gesig gewees. Ons dorp voel geëerd.”

Maria Gertse, ’n plaaswerker, vertel: “Dit was nogal nice om die army-manne te sien, want baie mense dra nie meer maskers nie.”

Dis egter dieselfde wegstekers wat hulle behoorlik gebreek het vir die misverstand.

“Ek het gedink die army kom die dorp uitskud. Toe steek ek ook maar my gebruike weg. Want sien, die army vattie k*kkie.

“Dit weet ons mos almal. Maar toe ons sien die army boys deel pamflette uit, toe moes ons maar lag,” het ’n onbekende ou afgesak.

Volgens die buurtwag wat saam met die cops werk, was die veldtog ’n reuse-sukses.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters