Verlede maand
Held vee grond met verdagte
DAPPER: Hannes April is die dorp se held ná sy ingryping in die stryd teen misdaad.  ~ Keith Meyer

CALITZDORP. – ’n Gemeenskap wat sielsmoeg is vir al die misdaad, het ’n boost gekry toe ’n held ’n boef sommer lekker laat les opsê het.

’n Misdadiger wat onlangs uit die tronk gekom het, wou glo weer met sy streke begin, maar die gemeenskap staan toe saam in die stryd teen misdaad. Selfs die honde-eenheid het na hom gesoek.

Hannes April, ’n inwoner, is nou die dorp se held nadat hy ’n misdadiger platgetrek het wat probeer ontsnap het van die gemeenskap!

April vertel: “Die verdagte wou amok maak. Toe hol hy mos by ’n vrou se yard in.

“Die gemeenskap het hom begin soek.

“Ek het in my hek gestaan toe hy verbygehol kom.

“Toe dink hy seker hy’s nie bang vir hierdie outoppie nie.

“Toe hy verby my hol, toe gryp ek hom aan sy kappietop en smyt hom hard teen die grond neer. Winduit, dat die stof so staan!

“Nou dreig sy broertjies my, maar ek is nie bang nie.

“Ek het dit vir my gemeenskap gedoen.”

Sarah Claassen, ’n in­woner, sê: “Ek is bly oom Hannes vattie k*k van kabouters nie. Ons moet vir oom Hannes sommer ’n standbeeld oprig.”

Die buurtwaglid Kakie Willemse het die buurtwag en die polisie se gelukwensinge aan April oorgedra.

Hy sê: “Met nóg sulke inwoners sal ons die stryd teen misdaad maklik wen.

“Die feit dat die gemeenskap hande geklap het oor die arrestasie, wys vir ons daar is groter samewerking met Saps.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters