5 maande gelede
Groep veg vir grond
Staan vas: Vriende van Souwesia op die rugbyveld.Foto: keith meyer  ~ 

GROOT-BRAKRIVIER. – In hordes het die groep Vriende van Souwesia van die groter Mosselbaai en George opgedaag op die rugbyveld.

Maar nie om ’n match te kom kyk nie, maar om te fight vir die voortbestaan van hul geliefde strandgrond wat vir hulle “bloedgrond van ons vaders” is.

Nie eens die koue aandlug van die see kon hul vasbeslotenheid keer nie.

Rykmanstrand

Dit volg op die besluit van die Mosselbaai-stadsraad om die kampterrein vir 30 jaar uit te verhuur en dit te ontwikkel in ’n driester-oord.

Dit is bevestig deur Rowena Hendricks, woordvoerder van die Mosselbaai-raad.

Mae Koert, ’n inwoner, sê: “Dis net sodat ons mense dit nie kan bekostig nie. Dan sit ons met nog ’n rykmanstrand.”

Volgens vader Pietie Rhodes kan die mense nie toelaat dat Souwesia weggevat word nie.

’n Optog word nou beplan vir Vryheidsdag en die massas gaan veg vir die behoud van hul geliefde strand en kampeerplek.

Dawid Kamfer, Icosa–raadslid en een van die organiseerders, sê: “Ons gaan swart-en-wit dra in die grootste optog – swart vir ons voorvaders wat daar gesterf het en wit vir vrede.

“Daar gaan ook ’n kranslegging wees.

“Mense van oor die land heen gaan saam march, want hulle almal het bande met Souwesia. Ons gaan dit nie opgee nie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters