21 dae gelede
Godshuis moet nou opgepas word
TRONKERIG: Die kerk moes noodgedwonge lemmetjiesdraad opsit om die boewe buite te hou.  ~ Garnett Wicomb

DIEWE het verlede week ’n groot gedeelte van die palissade voor die Weyers Memorial United Congregational Church in Voortrekkerweg, Oudtshoorn, gesteel.

“Hulle ontsien nie eens kerk-eiendom nie,” het Bennie Arends, interne ouditeur van die kerk, Dinsdag gesê waar hy en werkers besig was om van die skade te herstel.

Volgens Arends het die diewe verlede week vir die eerste keer toegeslaan. Die oop gedeelte is toe tydelik met veiligheidsdraad toegemaak.

Die diewe het egter die naweek teruggekom, nóg pilare afgekap en van die palissade gesteel.

Skande

“Die kerk word nou gedwing om mense aan te stel wat deur die nag die kerk se eiendom sal bewaak.

“Dis ’n skreiende skande,” het Arends gesê oor die diefstal van kerk-eiendom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters