Verlede maand
Girls snags ‘uit dorpe gesmous’
SMOUS-ROETE: Roete 62 word nou vir verkeerde dinge gebruik.  ~ Keith Meyer

MA’S van dorpies in die Suid-Kaap slaap saans bitter sleg.

Die vermoede bestaan dat van die jong meisies daar aan mans gesmous word wanneer hulle gereeld nie snags of naweke by die huis slaap nie.

Een van die ma’s wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, sê: “Ek is baie bekommerd. Ek was al by die welsyn. Ek was ook by die polisie vir hulp.

“Die maatskaplike werker het belowe om dié week aandag aan die saak te gee.”

Son verneem meisies word glo die laaste tyd onder valse voorwendsels na ander dorpe geneem.

’n Bron vertel: “Die gemeenskap weet hiervan. Hulle is bang, want hulle word deur die jongens gedreig.

Drugs

“Maar ons kan nie toelaat dat ons jong meisies misbruik word nie.

“Ons wil die identiteit van die kinders beskerm, maar dit raak net erger.

“Die meisies word in die nag gehaal en van hulle word ook gebruik om drugs in die dorpies in te smokkel.”

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, verduidelik: “Ons beskou die bewerings as baie ernstig lig.

“Smokkelaars wend hulle tot die brose en gebroke mense in ons gemeenskappe om hulle vuilwerk te doen.

“Gemeenskappe is ’n belangrike bron van inligting.

“Sommige gemeenskaps­lede trek voordeel uit hierdie vuil aktiwiteite.

“Inwoners word aangeraai om onwettige aktiwiteite by die polisiestasie of die tolvrye Stop Misdaad-nommer, 08600 10111, aan te meld.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters