Verlede maand
Gewese cop sien sy gat ná derde oortreding
 ~ 

OUDTSHOORN. – ’n Ex-cop wat ook voorheen in die weermag was, is Vrydag ’n derde keer in die hof skuldig bevind aan dronkbestuur.

Dít het gevolg nadat hy dié keer direkte gevangenisstraf opgelê is. Piet Herwel (52) het skuldig gepleit.

Die staatsaanklaer, Thuba Nyamate, het uitgevaar: “Mense sterf daagliks in ongelukke waarvan alkohol en spoed die oorsaak is.”

Volgens Nyamate toon Herwel geen respek vir hofbevele nie en gaan voort om dronk te bestuur.

Landdros Theolin November het Herwel behoorlik die leviete voorgelees: “Dit gaan my verstand te bowe dat ’n wetstoepasser só optree!”

Herwel is in 2006 en weer in Augustus 2015 aan dronkbestuur skuldig bevind. Hy is toe opgeskorte vonnisse opgelê. November sê dié keer is ’n opgeskorte vonnis nie toepaslik nie.

“Die hof sal nie die gemeenskap verder kan beskerm as net ’n opgeskorte vonnis opgelê sou word nie.”

Hy het in ag geneem dat Herwel skuldig gepleit het. Hy het hom vir 12 maande tronk toe gestuur. Sy rybewys is vir 10 jaar opgeskort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters