3 maande gelede
Geweld in dorp
deurmekaar: Klippe en rubber bullets hou die dorp steeds op ’n mespunt. Foto: JONATHAN LESTRADE  ~ 

ONRUS broei steeds in Hermanus.

Dié kusdorp word al meer as ’n week geruk deur gewelddadige protesoptredes deur inwoners van Zwe­lihle.

Die inwoners se protesoptredes het begin oor behuising en ander diens­leweringskwessies.

Die jongste protes- op­tredes handel oor die inhegtenisneming van Gcobani Ndzongana (35), een van hul lede.

Die inwoners van Zweli­hle is ook ontsteld oor ’n heining wat hulle glo van die res van die woonbuurte in Hermanus skei.

Van die mense meen dat die heining ’n veiligheidsmaatreël is. Zwelihle se inwoners meen egter hulle word van ander rasse geskei.

Gister het die inwoners weer groepe gevorm, maar hulle is kort-kort deur die polisie uitmekaar gejaag met rubberkoeëls.

Van die winkels in die Whale Coast Mall, wat baie vakansiegangers en besoekers lok, se deure was gesluit vir sake.

Ander dapper sakemanne het wel hul deure oopgemaak, maar veiligheidswagte van elders ingebring om hul besighede te beskerm.

Die polisie was heeltyd op die toneel en het die betogers van alle kante af gemonitor.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters