Verlede maand
Gevangenes ontsnap uit polisievên
polisie
Die polisie is steeds opsoek na van die gavengenes.  ~ Kristy Kolberg / George Herald

DIE N2 was weer soos 'n toneel uit die TV-reeks Prison Break toe minstens drie gevangenes uit aanhouding ontsnap het.

George Herald berig die gevangenes was tussen George en Mosselbaai vervoer toe hulle langs die N2 uit die voertuig ontsnap het.

Kapt. Malcolm Pojie, 'n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig, maar sê dat daar in hierdie stadium baie min inligting beskikbaar is.

"Ons lede is op die toneel. Een ontsnapte is gevind en die ander word steeds gesoek,” het Pojie gesê. -George Herald

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters