3 maande gelede
Gestremde man tuis ná soektog
verlig: Ma Shireen is so verlig dat haar seun Sherwin Lothern (26) ongedeerd opgespoor is. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

MOSSELBAAI. – ’n Gestremde man het laas week soos ’n groot spelt van sy huis af verdwyn, maar hy is nou gevind.

Sherwin Lothern (26) is verstandelik gestrem en het al by ’n paar geleenthede die pad gevat.

Sy ma, Shireen, was baie bekommerd en het oral oor haar vermiste seun navraag gedoen.

Volgens Shireen dwaal Sherwin soms weg, maar kom dan weer huis toe. Hierdie keer het hy egter sy ma en familie se senuwees op hol gejaag.

Sy sê veral in die tyd van die Covid-19-pandemie het sy vir die ergste gevrees, want Sherwin het nie ’n mondmasker gedra nie.

“My ergste vrees was dat hy die virus tussen mense opdoen en baie siek kan word,” sê die ma. Mense in die gemeenskap het ’n soektog begin, maar kon hom nie opspoor nie.

Mense het Sherwin nog die dag van sy verdwyning op ’n koppie buite die dorp gewaar.

“Ons is ook baie bly vir die polisie wat aanhoudend na Sherwin gesoek het,” sê Shireen.

Shireen het Son gister gebel en gesê dat sy die gemeenskap en polisie ewig dankbaar is.

Veilig

“Hy is toe die afgelope naweek springlewendig op Oudtshoorn deur mense gewaar nadat sy verdwyning in die social media was.”

Volgens Shireen is Sherwin nou veilig tuis en toon geen tekens dat hy siek is nie.

“Ek sal hom in kwarantyn hou en ’n ogie op hom hou,” sê die verligte ma.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters