3 maande gelede
Geslat ná man hom vervies vir die genies
hou jou distance: ’n Man is geslaan oor hy nie verder weg van ’n ander man wou beweeg nie.  ~ 

GEORGE.’n Man is in sy gesig geslaan en ge- headbutt omdat hy na bewering nie social dis­tance gehandhaaf het nie.

Die voorval het gebeur by ’n shop in die Thembalethu township naby George.

Norman Sikhwebu (25) is aangerand nadat hy en iemand anders gestry het terwyl hulle in ’n ry gewag het om elektrisiteit te koop.

Sikhwebu het ’n masker aangehad toe die ander ou, wat na bewering gekoring was, hom aangeval het.

Sy lip is oopgeslaan en sy linkeroog is beseer.

Omstanders het die geveg opgebreek.

Sikhwebu vertel hy het ná werk krag gaan koop.

“Ek het altyd my masker aan. Ek was ’n ent agter hom toe ek twee keer nies.

Terugbaklei

“Die man het gesê ek moet nog verder van hom af staan.

“Ek het hom nie gepla nie, maar hy het my twee keer geslaan.

“Toe ek val, het hy my opgelig en my met die kop gekap.”

Sikhwebu sê hy kon nie terugbaklei nie, want die man was twee keer so groot soos hy.

Melisizwe Gqadu, die eienaar van die winkel, sê omstanders het die geveg opgebreek.

Die dronk man is gevra om te loop.

“Hy was dronk en ek het hom gevra om te waai.

“Ons kan nie sulke gedrag by my besigheid toelaat nie.”

Gqadu sê hy ken albei die mans, want hulle koop albei elektrisiteit by hom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters