2 maande gelede
Gesinne vrees uitsetting in koue
sukkel: Ongeveer agt gesinne woon in dié ou kliniekgebou.Foto: KEITH MEYER  ~ 

CALITZDORP. – Met die snerpende koue en die Klein Karoo-berge wat spierwit met sneeu bedek is, vrees die inwoners van Kliniekrand uitsetting.

Ongeveer agt gesinne bly in matjoks (sinkhokkies) in en om die ou kliniekgebou.

Willem Abrahams, ’n ma­tjoksbewoner, kla: “Ons het die ding gehoor dat ons glo hier moet uit. Maar waantoe in hierdie koue winter?

“Ons woon nou al ’n lang tyd hier en het by die vorige raad toestemming gekry om hier te woon.”

Jana Schoeman, wat saam met haar ses gesinslede in die ou kliniekgebou woon, voeg by: “Jeffrey Donson en Werner Meshoa het gesê ons mag hier bly. Hulle het gesê as mense ons wil uitsit, moet ons kantoor toe kom.

Wag

“Hier kry niemand my uit nie. Nie die nuwe raad nie.

“Maar dan moet ons mos huise kry. En daarvoor wag ons al lankal.

“Wie sal dan nou in die ou kliniek wil woon as jy in jou eie ou huisie kan woon? So, die raad moet eers vir ons huise gee.”

Rosaline Hefke sê: “Ons wag al sedert 2009 vir huise. Dis hoekom ons so lank al hier bly. Ons het nie toilette hier nie.

“Maar ons sal nie trek nie. Tensy ons huise van steen kry. Tot dan bly ons in ons huisies van sinkplate.”

Ian Avontuur, ’n woordvoerder van die Kannalandse burgemeester, Magdelena Barry, het per e-pos op die navraag gereageer deur te sê dat hy dit ontvang het en sal terugkom na Son toe.

Etlike dae later het Avontuur egter steeds nie van hom laat hoor nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters