2 maande gelede
Gesin in hul shack beroof
Foto ter illustrasie.Foto: André Damons  ~ 

GEORGE. – ’n Inwoner hier het ’n bylaanval die naweek oorleef.

Jerome Minnie (45) was saam met sy vrou, Cathy (35), en twee kinders toe hy aangeval is.

Twee gewapende mans het Saterdagaand by hulle shack in die All Bricks- informele nedersetting in Thembalethu ingestorm.

Een was gewapen met ’n byl en die ander met ’n bajonet.

Hulle het die paartjie se kinders by ’n kamer ingejaag en die ouers van hul selfone, ’n horlosie en kontant beroof.

Rondruk

Minnie is teen die kop geslaan met die byl terwyl hy sy gesin probeer beskerm het.

Dit was toe die boewe hulle begin rondruk het.

Hy sê die gesin was besig om hulle te probeer warm maak teen die koue toe die aanvallers by die shack instorm.

Minnie vertel: “My kinders was vreeslik bang terwyl die aanvallers gevloek en ons met die dood gedreig het as ons nie saamwerk nie.”

Hy sê hy is woedend oor die aanval, veral aangesien dit sy kinders getraumatiseer het.

Die inwoners was gister­ steeds besig om die aanvallers te soek.

Gatvol

Sipho Qundu, wat ook in die gebied woon, sê dis nie die eerste keer dat inwoners in hulle huise geteiken word nie.

Qundu sê dit was die tweede aanval die afge­lope week.

Hy sê die inwoners is gatvol en dat hulle wens die polisie kom help hulle­ met die soektog.

Die woordvoerder van die Thembalethu-polisie, kapt. Dumile Gwavu, sê ’n saak van aan­randing met die doel om ernstig te beseer word ondersoek, maar dat geen verdagtes nog ge­arresteer is nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters