18 dae gelede
Gerugte oor meters leuen van eerste water
FAKE: Die fake pamflet wat in die Suid-Kaap omgewing versprei word.  ~ Foto Verskaf

DIE George-munisipaliteit het gerugte oor die installering van koepon-watermeters as vals afgemaak.

In ’n verklaring Dinsdag beskryf die munisipaliteit die inligting wat deur die Plaaslike Besorgde Inwoners-party (PBI) in ’n pamflet versprei word, as “valse beweringe”.

George Herald berig die pamflette is verlede week versprei en die inligting is op ’n gemeenskapsradiostasie uitgesaai.

Op die pamflet beweer die PBI die DA, wat die plaaslike munisipaliteit regeer, wil ’n stelsel implementeer waardeur alle huishoudings hul water met koepons moet koop.

Oorweeg

Volgens die munisipale verklaring kan die siviele-ingeneursdiens bevestig dat daar geensins so ’n projek is nie.

Die verklaring lui: “Die projek oor die installering van voorafbetaalde watermeters en/of waterbestuurstoestelle vir George en omgewing word ook nie oorweeg nie.

“Die munisipaliteit verwerp ten sterkste die uitreiking van sulke vals nuus wat die munisipaliteit in oneer wil bring en onnodige wrywing onder in­woners skep.”

In die pamflet wat versprei is, word beweer inwoners word gedwing om die betaalmeters te installeer.

Misleidende

Dit beteken as ’n inwoner nie geld het om water te koop nie, sal daar geen water vir die huishouding wees nie.

Tertius Simmers, nuutverkose DA-leier in die Tuinroete-distrik, sê: “Die DA neem kennis van die misleidende en valse inligting wat die PBI deur ’n pamflet aan inwoners van George­ versprei.

“Ons kan bevestig dat al die munisipaliteite waarna daar op die pamflet verwys word, nie voorafbetaalde watermeters na die breë gemeenskappe uitrol nie.

“Die betrokke watermeters word geïnstalleer by huise van private persone en dis grotendeels woonstelkomplekse.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters