11 dae gelede
George kry online 'n nuwe mayor
leon van wyk
Leon van Wyk, nuutverkose burgemeester van George.  ~ 

IN wat moontlik 'n eerste is het George-munisipaliteit Vrydag tydens 'n e-raadsvergadering 'n nuwe mayor "aanlyn" verkies.

Leon van Wyk, van die DA, is met 26 van 49 stemme teenoor Virgill Gericke van die PBI se 23 stemme verkies.

Van Wyk is ‘n huidige raadslid van die raad en het voorheen op die burgemeesterskomitee gedien, waar hy die finansies portefeulje behartig het.

Hy is onlangs ook aanlyn deur 'n DA-keuringspaneel as die party se burgemeesterskandidaat verkies, nadat sewe kandidate vir die pos aansoek gedoen het.

Ses van die sewe DA-kandidate is huidige raadslede en een 'n voormalige raadslid. 

Die DA het toe in 'n verklaring gesê: "Die 64-jarige bring integriteit, energie en intellegensie na die werk." 

Jaco Londt, voorsitter van die DA in die streek, sê: “Die party is vol vertroue dat Van Wyk se verkiesing die eerste stap is om die integriteit van die raad te herstel.”


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters