2 maande gelede
Geliefdes bly oor verdagtes nog sit
soek justice: Patricia Koloi verlaat Vrydag die hof. Foto: eugene gunning  ~ 

GEORGE. – Vreugdevure het hoog buite die landdroshof gebrand toe bail geweier is aan die drie beskuldigdes in die moordsaak van Hlompho Mohapi (25).

Mohapi se lyk is onlangs langs ’n pad naby Voëlklip in die Heroldsbaai-omgewing gevind.

Melisizwe Monqo (30), ’n pastoor van King William’s Town in die Oos-Kaap, Siphosile Pamba (28), sy verloofde, en Phumlani Qusheka (28) staan tereg vir die moord op Mohapi, bedrog en roof.

Hulle het aansoek om borgtog gedoen, maar landdros Philip Mgwebile het dit geweier.

Ná landdros Mgwebile se uitspraak het familie en vriende van Mohapi van vreugde buite die hof gedans.

Die hofsaal was weer stampvol en Patricia Koloi, Mohapi se ma, het ook die verrigtinge bygewoon.

Mgwebile het in sy uitspraak gesê dit blyk dat Mohapi op 2 Julie ’n oproep gekry het vir ’n werkonderhoud.

Sy was baie opgewonde.

Twee dae later het sy weer ’n oproep gekry en is gevra om vir bloedtoetse te gaan.

Intussen is op 3 Julie telefonies ’n lewenspolis in haar naam uitgeneem en toe moes Mohapi “verdwyn”.

Op 5 Julie was Mohapi nêrens te vind nie.

Die vermoorde is sewe keer met ’n skerp voorwerp gesteek en haar keel is ook afgesny om seker te maak dat sy dood is.

Die saak is tot 30 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters