10 maande gelede
Geen bail vir ou wat radio gaps
 ~ 

OUDTSHOORN. – ’n Jong man met drie vorige veroordelings is in die landdroshof hier borgtog geweier.

Gabriel May (18) en nog vier verdagtes word aangekla van diefstal van ’n radio uit ’n motorvoertuig by ’n motorhawe in Voortrekkerweg.

Sy aansoek om borgtog is glo om sy siek ma te versorg en aandskool by te woon.

Hy was in 2016 by bende­bedrywighede betrokke, maar het dit gelos. Thuba Nyamate, staatsaanklaer, het borgtog teen­gestaan omdat May “ ’n gevaarlike jong man is”.

Landdros Theolin November het in sy uitspraak gesê May is duidelik ’n swak kandidaat vir borgtog omdat hy waarskynlik weer by misdaad betrokke sal raak.

“Jy het nadat jy 18 geword het nog nie verantwoordelikheid geneem nie,” het die landdros gesê.

“Dis dalk nou te laat.”

Drie van sy medebeskuldigdes, Carlos Ewerts (18), Warren Fortuin (28) en Luyando Hendricks (24), is op eie verantwoordelikheid vrygelaat. Nog een, Adrian Moos (27), het sy borgtogaansoek laat vaar. Die saak is tot 13 Augustus uitgestel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters