Verlede maand
Gebroke vrou sit voet dwars
GENOEG GEHAD: Die antie verbreek haar stilte.  ~ Keith Meyer

SILENCE is violence.

So lui die slagspreuk in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld.

En nou het ’n saggeaarde vroutjie van Bergsig in Calitzdorp besluit om die stilte van geweld teen vroue te verbreek.

Hierdie ma vertel met ’n diep seer in haar stem: “Ek word al sedert 2013 so mishandel.

“Ek het ook al ’n interdik teen my saamleefmaat gehad.

“Altyd moes ek maar stilbly wanneer my saamleefmaat my so mishandel. En dan trek ek maar weer die interdik terug as dit beter gaan.

“Ek moes soms rondswerf om van hom te probeer wegbly.

“Maar twee weke ge­lede, toe was dit te erg toe hy weer sy hande vir my lig.

“Toe het hy kamtag sy klere kom haal.

“Ek het AO Pretorius, wat die saak ondersoek, laat weet.

“Ek is na aan ’n ineenstorting.

“Gelukkig ondersteun Hope Centre my.”

Verneder

So bevrees was sy vir haar saamleefmaat dat sy saans haar seun by haar laat slaap het.

’n Vriendin van die antie wat by was tydens ons onderhoud en anoniem wil bly, sê: “Hy verneder haar sommer in die openbaar ook. Skel haar van die morsigste en dreig haar.

“Maar ons staan bankvas agter haar.”

Sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, sê: “Die speurders ondersoek ’n saak van aanranding en die oortreding van ’n beskermingsbevel.

“Dit volg op ’n voorval van gesinsgeweld. Die verdagte is gearresteer en is in aanhouding.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters