15 dae gelede
Forum vier jeug dié maand
ons toekoms: Philip Seroux (tweede van links), projek­bestuurder van die OCJF, en twee lede van die SAPD saam met van die jong mense wat die kerkdiens in die Christelike Herlewingsentrum bygewoon het. Foto: garnett wicomb  ~ 

DIE Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) het Jeugmaand 2019 Sondagmiddag met ’n diens in die Christelike Herlewingsentrum begin.

Philip Seroux, projekbestuurder, sê die forum se Jeugmaand-aktiwiteite word saam met die SAPD, korrektiewe dienste, Famsa, Oudtshoorn Jeugkafee, ACVV, kindersorg, die departement van gesondheid en die Oudtshoorn-munisipaliteit aangebied.

’n Oud-gevangene, Gabriel (Tatie) Meyer, het jong mense met ’n motiveringspraatjie gewaarsku teen die gevare van dwelm- en drankmisbruik.

Past. Johnny Baardman, uitvoerende hoof van die OCJF, het alle belangstellendes genooi na ’n spesiale geleentheid om 10:00 op Jeugdag in die Toekomsrus-gemeenskapsaal.

Onder die sprekers wat by die geleentheid sal optree, is die uitvoerende burgemeester van Oudtshoorn, Colan Sylvester, genl. Oswald Reddy van die Suid-Kaapse SAPD en adv. Michelle Weyers van die Na­sionale Vervolgingsgesag.

Past. Rhyno Davidson van Uniondale is die prediker en die Revival Kids sal ’n dans­nommer lewer. Die orkes van Oudtshoorn- korrektiewe dienste sal ook optree. Die forum se slagspreuk vir die maand is “Ons jeug, ons toekoms”.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters