Verlede maand
‘Foondief’ moet strontwater sluk
EEUW! ’n Vermeende selfoondief borsel seker nou nog sy tande nadat die mense hom geforce het om van dié strontwater te drink.  ~ MPUMI KIVA

MOSSELBAAI. – Die diefstal van ’n selfoon het ’n vermeende skurk met ’n aaklige nasmaak in sy mond gelaat.

Die inwoners het die 22-jarige wannabe-dief gedwing om rioolwater te drink nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ’n tiener-girl se selfoon gegaps het.

Die voorval het Dinsdag in die GCC-plakkerskamp gebeur.

’n Skroewedraaier en tik-lollie is saam met die selfoon in sy broeksakke gevind toe die inwoners hom deursoek.

Die mense het hom gecorner nadat ’n meisie om hulp geroep en hulle toe die man agternagesit het.

Hy is gevind waar hy tussen die shacks probeer wegkruip.

Toe force die inwoners hom om strontwater te sluk.

Gatvol

Volgens die meisie was sy van ’n winkel af op pad huis toe. Dis toe dat die rower haar oorval en haar foon gegryp het.

Die inwoners sê hulle is gatvol vir diewe wat mense op pad na hul huis beroof.

Thula Mazose, ’n gemeenskapsleier, sê: “As dit saans donker is, is dit moeilik om hierdie diewe te sien. Hulle verdwyn dan om hul buit cheap-cheap te gaan verkoop.

“Ek is ook al deur drie youngsters gerob toe ek uit die werk uit gekom het.

“Dit is moeilik om hulle agterna te sit, want dis gevaarlik in die donker.”

’n Inwoner (52) wat anoniem wou bly, sê hul grootste probleem is dat die diewe wegkom met hul dade.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters