5 maande gelede
Eks-ou vat ma
in buiteland: Leola Fandesi is by haar pa in Burundi.Foto’s verskaf  ~ 

DIE vrou snik terwyl sy vertel hoe haar eks-ou van Burundi met hulle kind terug is na dié Afrikaland.

Maar nou wil die 39-jarige Joseph Kiwawa nie terugkeer Kaapstad toe nie.

Hy het as ’n metertaxidrywer gewerk voordat hy terug is Burundi toe.

Talita Fandesi (38) vertel sy en Kiwawa het ooreengekom dat hy hulle kind, Leola (5), sou terugbring Kaapstad toe.

Fandesi en Kiwawa was 13 jaar saam.

Leola is op 7 Oktober saam met haar pa Burundi toe om by familie te gaan kuier. Hulle sou twee maande daar bly en dan terugkom na Ilitha Park in Khayelitsha. Dít moes al op 2 Desember gebeur het.

Fandesi het nou regshulp ingewin om te veg om haar kind terug te kry uit Bujumbura in Burundi.

Sy sê: “Hy eis elke maand geld sodat hy hierheen kan vlieg, maar dan doen hy dit nie.

“Ek het hom R4 800 gestuur, maar hy bring nie my dogter terug nie.

“Daarna het ek nóg R7 000 gestuur vir die visum en die kaartjie.”

Maar toe sy verlede week met hom praat, was sy storie dat hy nou op pad is Doebai toe om werk te gaan soek. Hy los intussen sy dogter by sy ma.

“Ek weet nie eens of sy skool toe gaan nie. Die man gee nie om wat hy aan my doen nie.”

Sy sê Leola ly aan ekseem en het al ’n paar check-ups by die Rooi Kruis-hospitaal misgeloop.

“Sy moet medisyne daarvoor gebruik en ek weet nie hoe sy cope nie.”

Die kind se ander ouma, Ntombomzi Fandesi (58), het die man ook probeer oortuig om Leola terug te bring.

“Ons hele familie is depressief. My dogter het al twee keer probeer selfmoord pleeg. Sy gebruik nou medisyne vir depressie.”

Sers. Xoliswa Nyalambisa, woordvoerder van Lingelethu-Wes se polisie, sê die saak word ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters